Lovelllaan 68, DIE BOORD, Stellenbosch
’n ruim woonkompleks met twee tweeslaapkamer-wooneenhede en twee bachelors wat vir verhuring beskikbaar gestel word vir professionele persone. Elke wooneenheid het ’n mooi uitsig op die Jonkershoekberge aan die voorkant of die bome aan die agterkant teen die bergstroompie, wat tussen die erf en die plaas Libertas verbystroom na die Eersterivier. Die omgewing is rustig en boomryk. Elke wooneenheid het ’n eie private buitegebied of tuintjie waar gekuier en gebraai kan word.
Daar is goeie sekuriteit. Die hele woonkompleks is ommuur, met elektriese omheining aan die agterkant en sekuriteitstoegangshekke aan die voorkant. Elke eenheid het ’n eie alarmsisteem wat gekoppel is aan gewapende respons. Die koste hiervan, asook die water is ingesluit by die huur. Elke eenheid het ook sy eie koopkragmeter. Fibre-internet is beskikbaar.